top of page

Dis voor die hand liggend watter ANC-leiers vir sanksies geteiken word

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 22
  • 1 min read

Volgens 'n kampvegter van die Amerikaanse wetsontwerp wat die deur oopmaak vir sanksies teen ANC-leiers, sou dit nie moeilik wees om te bepaal wie eerste in die ry moet wees nie. Dit aangesien die Zondo-kommissie se verslag die bewyse duidelik uiteengesit het. Volgens News24 is Joshua Meservey, 'n senior genoot by die Hudson-instituut, 'n konserwatiewe dinkskrum in Washington, 'n leidende stem in die veldtog vir geteikende sanksies onder die Magnitsky-wet. Vyf-en-negentig prominente lede van die ANC is in die Zondo-kommissieverslag genoem. Daar word verder berig dat daar op hierdie stadium geen aanduiding is dat die Withuis hierdie wetsontwerp geprioritiseer het nie, maar die Amerikaanse president, Donald Trump, is onvoorspelbaar, en enigiets kan gebeur.

 
 
 

Comments


bottom of page