top of page

Discovery Health moet weens 'n stelselfout duisende van lede verhaal

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 4 days ago
  • 1 min read

Die mediesefondsadministrateur Discovery Health het erken daar was ’n jaar lank ’n fout met sy stelsel, wat daartoe gelei het dat sekere lede se mediese uitgawes uit ’n verkeerde voordeel gefinansier is – en dat dié lede nou daarvoor moet opdok.


Netwerk24 berig duisende lede van Discovery Health het ’n onaangename verrassing gekry toe hulle ’n aanmaning van die administrateur gekry het oor duisende rande wat geskuld word. Dit is vir die eise vir medisyne wat ontvang is wat op voorskrif en oor die toonbank gekry word.


Die uitvoerende hoof en stigter van MediCheck, Mark Hyman, betwis dié stap nou namens sommige van die lede.


Die administrateur sê hy is verplig om betalings te verhaal wanneer lede onbedoeld voordele ontvang het waarop hulle nie geregtig is nie. Hy sê dit is om billikheid, konsekwente optrede en voldoening aan wetgewing te verseker.


FOTO: My News Desk
FOTO: My News Desk

Comments


bottom of page