top of page

Discovery Health sal self vir hul fout betaal

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 12
  • 1 min read

Administrateurs van die Discovery Health mediese skema het na lede se beskommernisse geluister en besluit om self die koste van die eisstelselfout te dek.


Luidens ‘n plasing op hul sosial media is daar dus geen impak op lede nie, en bly voordele oor alle planne vanjaar onveranderd.


Die besluit volg na ‘n stelselfout verlede jaar tot die oorbetaling van sekere Bo-Drempel voordele gelei het.


Discovery Health het om verskoning vir die fout gevra en sê dit is die regte besluit om self die kostes te dek.


Hulle voeg by die besluit weerspieël hul verbintenis tot billikheid, integriteit en om lede eerste te stel, veral wanneer hulle tekort skiet.


Ter illustrasie. FOTO: Wikipedia
Ter illustrasie. FOTO: Wikipedia

Comments


bottom of page