top of page

Dissiplinêre stappe word teen Sibiya geneem

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 8
  • 1 min read

Updated: Feb 9

Die dissiplinêre proses rakende die geskorste adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, is aan die gang. Dit is volgens nasionale polisiekommissaris, generaal Fannie Masemola.


Getuies in die Madlanga-kommissie het beweer dat Sibiya onbehoorlike verhoudings met individue gehad het wat met georganiseerde misdaad verbind word, insluitend Vusimuzi Cat Matlala.


Daar word ook beweer dat hy geskenke en kontant van vermeende kriminele figure ontvang het en sy posisie gebruik het om ondersoeke te beïnvloed.


Sibiya het sedertdien die bewerings ontken.


Masemola sê hy kan nie voorspel wanneer die proses afgehandel sal wees nie.


LUISTER HIER:

Fannie Masemola

Fannie Masemola. FOTO: Polity
Fannie Masemola. FOTO: Polity

Comments


bottom of page