top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Dit blyk of volgende maand verdere vreugde aan motoriste gaan bring

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 2, 2024
1 min read

Motoriste betaal van Woensdag af minder vir brandstof. Die nuwe brandstofpryse het om middernag in werking getree. 95 Oktaan petrol kos nou een-rand-ses sent minder, terwyl 93 oktaan petrol en diesel een rand 14 sent laer is. Die prys van paraffien het met een-rand 48 gedaal. SABC-nuus berig die Departement van Energie sê sedert die vasstelling van die brandstof prys tot vandag toe, was daar nie groot veranderinge in die olieprys nie wat daarop dui dat brandstofpryse moontlik aanstaande maand ook sal verlaag. Brandstofpryse kan egter eers teen die middel van die maand beraam word.

 
 
 

Comments


bottom of page