Dit is amper weer tyd vir Carols with the Stars
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 18
- 1 min read
Carols with the Stars, met Refentse as gaskunstenaar, word vanjaar op 14 November op die Laerskool Willem Postma, in Bloemfontein, se rugbyveld gehou. Soos in die verlede word die aand van saamsing en lekker musiek deur Pick n Pay Preller Walk aangebied en Rosestad 100.6fm en Bloemnuus het hande gevat as mediaborge. Volgens Bloemnuus sal ‘n trekking die aand na die konsert gedoen word waarin ‘n Pick n Pay Preller Walk kliënt met ‘n splinternuwe Toyota Vitz 1.0 MT kan weg stap. Mede-eienaar van Pick n Pay Preller Walk, Duncan Pentz, sê toe hy en sy vennoot Dennis Folkey die winkel begin het, het hulle besluit om iets vir die Here te doen, en dit is hoekom hulle die afgelope paar jaar hierdie geleentheid aanbied. Toegang kos, anders as vorige jare, R10 per persoon. Die geld wat by die ingange ingesamel word, gaan aan liefdadigheid. ‘n Mark sal die middag aangebied word, met die amptelike program wat om 19:00 begin.





Comments