Dit word al moeiliker vir Suid-Afrikaners om af te tree
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 23
- 1 min read
Aftreebeplanning in Suid-Afrika raak al moeiliker as gevolg van stygende inflasie, klein tot geen salarisverhogings nie, en duurder mediese fondse.
Kenners waarsku ook dat die meeste Suid-Afrikaners te min spaar en hulle pensioen onttrek wanneer hulle van werk verander in plaas daarvan om in die nuwe pensioen te stort of te belê.
Dit kan tot groot finansiële risiko lei.
Duur privaatgesondheidsorg bly ’n uitdaging, terwyl die begin van die Nasionale Gesondheidsversekering onseker is.
Kenners maan individue om oordeelkundig vir hul aftrede te beplan.






Comments