Dlamini-Zuma sê NGV-hofuitdaging wil ongelykheid in gesondheidsorg beskerm
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 23 minutes ago
- 1 min read
Die voormalige minister van gesondheid, Nkosazana Dlamini-Zuma, sê die hofuitdaging teen Suid-Afrika se Nasionale Gesondheidsversekeringswet is daarop gemik om ongelykheid in gesondheidsorg te beskerm.
Haar kommentaar volg nadat die Raad van Gesondheidsfinansiers en die Wes-Kaapse regering die Konstitusionele Hof gevra het om die wet tersyde te stel weens beweerde onvoldoende openbare deelname.
Tydens die verrigtinge het advokaat Geoff Budlender aangevoer dat daar geen bewys is dat openbare verhore in Gauteng behoorlik gehou of aan die Nasionale Raad van Provinsies gerapporteer is nie.
Intussen is ten minste 15 ander regsgedinge teen die wet opgeskort, hangende die uitslag van die Konstitusionele Hof-saak.








Comments