'n Vrystater is agter tralies vir dwelmhandel
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 16 minutes ago
- 1 min read
Die Bethlehem-landdroshof in die Vrystaat het ’n man tot sewe jaar tronkstraf gevonnis vir dwelmhandel.
Ernest Ratladiela Semela is in April 2024 in hegtenis geneem nadat die polisie ’n plakkershut in Bohlokong deursoek het en gekristalliseerde metamfetamien, mandrax, nyaope, dagga en meer as R56 000 kontant gevind het. Speurders van die Valke het borgtog teengestaan en ’n skuldigbevinding verkry.
Owerhede sê die vonnis beklemtoon voortgesette pogings om georganiseerde dwelmmisdaad in die provinsie aan te pak.








Comments