DNS bevestig nóg ’n Ted Bundy-slagoffer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 3 days ago
- 1 min read
Danksy nuwe DNS-tegnologie het owerhede in Utah bevestig dat nóg ’n slagoffer aan die berugte reeksmoordenaar Ted Bundy verbind kan word.
Die 17-jarige Laura Ann Aime het in 1974 verdwyn nadat sy ’n Halloween-partytjie verlaat het.
Haar liggaam is later deur stappers in die American Fork Canyon gevind.
Volgens die Utah se plaaslike balju-owerhede het DNS-bewyse bevestig dat die reeksmoordenaar Ted Bundy vir haar dood verantwoordelik was.
Bundy het die moord voor sy teregstelling in 1989 erken, maar die saak het oop gebly totdat dit wetenskaplik bevestig kon word.
Volgens die BBC was hy een van Amerika se berugste reeksmoordenaars en het hy tussen 1974 en 1978 minstens 30 vroue vermoor.








Comments