top of page

DNS-pionier James Watson is oorlede

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 12
  • 1 min read

Die Amerikaanse nobelpryswenner, James Watson is in die ouderdom van 97 oorlede.


Watson was een van die mede-ontdekkers van die DNS-struktuur.


BBC berig in een van die grootste deurbrake van die 20ste eeu het hy die dubbelheliksstruktuur van DNS in 1953 saam met die Britse wetenskaplike Francis Crick geïdentifiseer.


Dit het die weg vir vinnige vooruitgang in molekulêre biologie gebaan.


Sy dood is deur die Cold Spring Harbor Laboratory, waar hy dekades lank gewerk en nagevors het, bevestig.


Volgens Watson en Crick het hulle destyds die geheim van die lewe ontdek.


James Watson. FOTO: BBC
James Watson. FOTO: BBC

Comments


bottom of page