Dokters is gewaarsku oor bedrieglike mediese sertifikate
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 8
- 1 min read
Updated: Mar 9
Die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika waarsku dat dokters wat bedrieglike mediese sertifikate uitreik streng gestraf kan word.
Dit volg nadat regter Mbuyiseli Madlanga getuies gewaarsku het oor die indiening van siektebriewe om te verhoed dat hulle voor die Madlanga-kommissie verskyn.
Die kommissie, wat politieke inmenging en infiltrasie in die strafregstelsel ondersoek, het die afgelope weke minstens drie mediese sertifikate ontvang.
Een daarvan was van die Noordwes-sakeman Brown Mogotsi, terwyl ’n ander deur ’n misdaadintelligensie-beampte ingedien is met ’n mediese toestand wat glo onleesbaar was.
Die raad se hoof van korporatiewe sake, Priscilla Sekhonyana, sê gesondheidswerkers moet hul etiese verpligtinge nakom.








Comments