top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Dood van twee vliegtuigpassasiers word ondersoek

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 16, 2024
1 min read

Twee passasiers is, in afsonderlike voorvalle die naweek, by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng en King Shaka Internasionale Lughawe in Durban oorlede. ‘n Passasier wat van die vyfde parkeervlak by die OR Tambo Internasionale Lughawe geval het, is deur paramedici op die toneel dood verklaar. Ondanks mediese pogings is nog ‘n passasier by King Shaka oorlede nadat hy by die binnelandse aankomsgebied ingemekaar gestort het. In beide gevalle is die oorsaak nog onbekend en word deur die polisie ondersoek. Die Suid-Afrikaanse Lughawensmaatskappy het sy innige meegevoel aan die families van die oorledenes betuig.

 
 
 

Comments


bottom of page