Dossier vir N8-ongeluk aan hof oorhandig
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 2, 2025
- 1 min read
Die polisie het die saakdossier van die drie kinders wat in Januarie in 'n motorongeluk net buite Bloemfontein dood is, aan die hof oorhandig.
Polisiewoordvoerder, kapt. Loraine Earle, het Dinsdag die voltooiing van die ondersoek bevestig.
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gaan nou die bewyse evalueer om te bepaal of iemand vervolg moet word.
Die pa van die twee oorlede boeties, Martin Smit, sê aan Netwerk24 dit sal 'n mate van berusting bring.
Earle sê ten spyte van druk weens wydverspreide media- en openbare aandag, het die ondersoekbeampte 'n deeglike en noukeurige ondersoek uitgevoer.
Die Smit-boeties, Ryan en Ayden, sowel as hul niggie Leané van Papendorp, is in in 'n motorongeluk op die N8-hoofweg naby die Aljo’s Superspar dood.






Comments