Dreigemente teen aanklaers sal nie geduld word nie
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 4 days ago
- 1 min read
Dreigemente teen aanklaers, soos dié in ’n plasing wat glo met ’n sosiale media-rekening van die EFF verbind word, sal nie geduld word nie.
In die plasing word daar voorgestel dat die aanklaer “’n les geleer moet word”.
Die Nasionale Vervolgingsgesag, NGV, sê verder in ’n mediaverklaring hy is bekommerd oor die inhoud van dié plasings, en beklemtoon dat enige vorm van intimidasie teen aanklaers onaanvaarbaar is.
Volgens die NGV moet alle dreigemente – of dit ernstig lyk of nie – aangemeld en ondersoek word.
Verder waarsku die NGV se nasionale woordvoerder, Kaizer Kganyago, dat intimidasie van aanklaers die oppergesag van die reg ondermyn en hul vermoë om sonder vrees te werk, benadeel.








Comments