top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Bloem-skole is deur na die ATKV-Applous-finaal

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 3
  • 1 min read

Drie Bloemfonteinse meisieskole gaan aan die einde van Julie aan die nasionale finaal van die ATKV-Applous-koorkompetisie in Kaapstad deelneem.


Volgens plasings op die skole se sosiale media het Eunice Hoërskool, C&N Sekondêre Meisieskool Oranje en St. Michael se Skool vir Meisies almal deurgedring na vanjaar se finaal.


Eunice en Oranje sal in die Prestige Meisies-afdeling vir meisieskole meeding, terwyl St Michael's in die Meriete Meisies-afdeling sal deelneem.


Die finaal word van 29 Julie tot 1 Augustus in die Kaapstadse Stadsaal aangebied.


ATKV-Applous is die oudste skoolkoorkompetisie in Suid-Afrika en vanjaar het 314 kore, wat meer as 22 000 leerders verteenwoordig, ingeskryf.


Beoordelaars sê die standaard van Suid-Afrikaanse skoolkore verbeter jaarliks en dat die beste kore op enige wêreldverhoog kan meeding.


Eunice se Vitae Cantamus-Koor. FOTO: Facebook
Eunice se Vitae Cantamus-Koor. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page