‘n Studie vind plaagdoderoorblyfsels in algemeen verbruikte voedsel
- Saamgestel deur Jana Roos

- 1 day ago
- 1 min read
‘n Nuwe studie in opdrag van die Afrika-sentrum vir Biodiversiteit het plaagdoderoorblyfsels in ‘n wye reeks algemeen verbruikte voedselsoorte in Suid-Afrika gevind.
Onafhanklike toetse het spore van plaagdoders in 86 persent van die monsters regoor die voedselstelsel opgespoor. Dit het aan die lig gebring dat die oorblyfsels teenwoordig is in mieliemeel, brood, meel, graankosse, vrugte en groente, en baba- en kleuterprodukte. Die toetse het ook 37 aktiewe plaagdoderbestanddele ontdek, insluitend 13 wat internasionaal as hoogs gevaarlik geklassifiseer word.
Die organisasie sê die bevindinge dui op swakpunte in Suid-Afrika se plaagdoderreguleringstelsel, veral in hoe blootstelling aan plaagdoders beoordeel word.








Comments