Drie gaan hof toe vir die besit van vermoedelik gesteelde vee
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 4 days ago
- 1 min read
Drie verdagtes is in Parys in die Vrystaat in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde vee.
Volgens 'n polisieverklaring het owerhede inligting ontvang oor ’n bakkie met ’n sleepwa wat moontlik by veediefstal betrokke was. Die voertuig is op die R59 opgemerk en onderskep, en na die polisiestasie op Parys vir verdere ondersoek geneem.
’n Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat die beeste gesteel is, en al drie verdagtes is onmiddellik in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde vee.
Die voertuig en sleepwa is gekonfiskeer, en tien beeste met ’n beraamde waarde van R100 000 is teruggevind. Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Parys-landdroshof op aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde vee verskyn.








Comments