top of page

Drie in die Vrystaat vir onwettige handel in edelmetale gevonnis

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 28
  • 1 min read

Die Valke in die Vrystaat het die onlangse vonnisse verwelkom wat aan drie beskuldigdes opgelê is vir die verkryging, besit en beskikking oor edelmetale.

Progress Mlambo, Leonard Moyo en Leonard Sithole is ook skuldig bevind aan geldwassery en onwettige immigrasie.

Beamptes het die drie in 2023 in hegtenis geneem en meer as R4 miljoen in kontant, vier voertuie en 16 onbewerkte goudklonte gekonfiskeer.

Die Vrystaatse hooggeregshof het Mlambo met R500 000 beboet en Moyo gelas om ‘n boete van R100 000 te betaal. Dit het ook ‘n opgeskorte vonnis van 12 maande aan Sithole opgelê en beslis dat hy na sy tuisland gedeporteer word.

 
 
 

Comments


bottom of page