top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Drie is skuldig nadat hulle VKB Landbou met miljoene bedrieg

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Die Bloemfontein-landdroshof het drie beskuldigdes gevonnis vir bedrog en verwante oortredings na aanleiding van ’n bedrieglike transaksie wat VKB Landbou in Reitz in die Vrystaat met meer as R4 miljoen benadeel het.


Ses beskuldigdes het in 2018 valslik voorgestel dat ’n betaling deur Budget Truck Spares uitgereik is vir dienste gelewer.


Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder as gevolg van dié wanvoorstelling het VKB Landbou ’n verlies van meer as R4 miljoen gely.


LUISTER HIER:


Ilde Roos

TRANSKRIPSIE:


Die verlies kom nadat hulle ’n betaling in ’n ABSA-bankrekening gemaak het, wat later vasgestel is aan een van die beskuldigdes behoort en nie aan Budget Truck Spares nie. Daar is bevind dat die betalingsdokument vervals was en die transaksie ongeldig. Al ses beskuldigdes is in hegtenis geneem en het in die Bethlehem- en Bloemfonteinse Landdroshowe verskyn. Drie beskuldigdes is skuldig bevind, terwyl die aanklagte teen die ander teruggetrek is.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook




 
 
 

Comments


bottom of page