top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Drie is vas in die middestad vir die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 12
1 min read

Twee mans en 'n vrou is in Bloemfontein in hegtenis geneem vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en die onwettige besit van lewendige ammunisie.


Die arrestasies is gemaak tydens stop-en-deursoek-aksies in die Bloemfonteinse sentrale sakekern as deel van die misdaadvoorkomingsveldtog vir ’n Veiliger Feestyd, oftewel Operasie Shanela 2.


Volgens 'n polisieverklaring het lede 'n motor in Douglasstraat opgemerk wat wat skielik gedraai het sonder om sy rigtingwysers te gebruik.


Die voertuig is voorgekeer en deursoek. Polisie het ’n magasyn met lewendige ammunisie in die bestuurder se besit gevind, asook ’n pistool wat onder die bestuurdersitplek versteek was.


Nie een van die insittendes kon verduidelikings hiervoor gee, of ’n geldige vuurwapenlisensie of permit vir die besit van ammunisie toon nie.


Hulle sal na verwagting binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.


Die ongelisensieerde vuurwapen en lewendige ammunisie. FOTO: Verskaf
Die ongelisensieerde vuurwapen en lewendige ammunisie. FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page