Drie is vas nadat miljoene rand se onwettige sigarette gekonfiskeer is
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 12
- 1 min read
Die polisie in die Vrystaat het drie mans in hegtenis geneem vir die besit van onwettige sigarette ter waarde van ‘n geraamde R3,6 miljoen tydens ‘n intelligensie-geleide operasie in Boshof.
Die Bloemfonteinse honde-eenheid en Provinsiale Misdaadintelligensie het die verdagtes in hegtenis geneem na aanleiding van inligting oor die verspreiding van onwettige goedere.
Hulle het ‘n supermark en ‘n pakhuis deursoek, waar hulle 339 houers en meer as 15 000 los pakkies nagemaakte sigarette gevind het. Die verdagtes staan ook tereg op aanklagte in verband met immigrasiewette.
Hulle sal na verwagting binnekort in die Boshof-landdroshof verskyn.








Comments