top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Drie is vas vir die aanranding van 'n bejaarde egpaar

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jun 15
  • 1 min read

'n Bejaarde egpaar van 77 en 80 jaar oud is op 'n plaas naby Bothaville in die Vrystaat aangerand en beroof.


Volgens 'n polisieverklaring is die slagoffers Sondag deur drie onbekende mans, wat handskoene gedra en hul gesigte bedek het, met hul tuiskoms oorval. Een van die verdagtes het na bewering die man met ’n hamer teen die kop geslaan, terwyl die ander twee verdagtes die vrou vasgehou het.


Die slagoffers is daarna glo in die huis geneem, waar hulle met ’n staal paal aangerand is. Die verdagtes het ook geld van die slagoffers geëis. Daar word ook beweer dat een van die verdagtes tydens die voorval met ’n vuurwapen gewapen was.


Die twee slagoffers is vervolgens beveel om op die bed te sit. Hul monde is met kleefband toegeplak en hul hande is vasgebind.


Polisiewoordvoerder sersant Palesa Thabana sê die drie verdagtes het daarna die slaapkamer geplunder voordat hulle van die toneel gevlug het.


Sersant Pales Thabana

Ter illustrasie. FOTO: Freight News
Ter illustrasie. FOTO: Freight News

 
 
 

Comments


bottom of page