top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Drie is vas vir ontvoering in die VS

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Drie ontvoeringsverdagtes is in Bronville in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat 'n man in die kattebak van hul voertuig ontdek is.


Volgens polisiewoordvoerder sersant Palesa Thabana het polisie gister ’n klagte oor ’n bakleiery ontvang. Met hul aankoms het ’n gemeenskapslid die polisie ingelig dat daar ’n persoon in die kattebak van ’n voertuig is. Tydens 'n deursoeking van die voertuig is 'n bebloede man gevind. Die slagoffer, met ernstige veelvuldige beserings, het sterk na petrol geruik.


Die drie verdagtes het glo vroeër die slagoffer van diefstal beskuldig en hom by sy huis aangerand. Hy is glo met petrol gegooi en in die kattebak gedwing.


Die drie mans staan tereg op aanklagte van poging tot moord en ontvoering.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

 
 
 

Comments


bottom of page