top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Drie liggame is by ‘n begrafnisondernemer gesteel

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 19, 2025
1 min read

Provinsiale speurders ondersoek ʼn saak van sakeroof ná die liggame van ‘n baba en twee mans by ʼn private begrafnisondernemer op Kuruman in die Noord-Kaap gesteel is. Polisiewoordvoerder, Lt.kol. Sergio Kock, sê twee mans het glo by ʼn waghuisie by die ondernemer ingegaan, die veiligheidswag aangerand en hom geblinddoek en vasgebind. Volgens Maroela Media het hulle daarna met die drie liggame gevlug. Kock sê die liggame is steeds soek en provinsiale speurders is na die gebied gestuur om die voorval te ondersoek. Hy sê ook dié soort misdaad word nie as ʼn algemene verskynsel beskou nie. Die polisie het geen inligting oor die moontlike motief vir die rooftog bekend gemaak nie.

 
 
 

Comments


bottom of page