Drie mense is dood ná hul motor in die Sandrivier beland

Nov 16
1 min read
Drie mense is oorlede nadat die voertuig waarin hulle gereis het, in die Sandrivier beland het.
Volgens Maroela Media het die voorsitter van die Vrystaatse padvoorvalbestuurstelsel Sipho Towa, bevestig dat nog een persoon die ongeluk oorleef het, en matige beserings opgedoen het. Die beseerde persoon is na ’n mediese fasiliteit in Welkom geneem vir behandeling.
Dit is nog nie duidelik wat veroorsaak het dat die voertuig in die rivier beland het nie, en volgens Towa is ’n ondersoek reeds van stapel gestuur.
Die R701 tussen Bultfontein en Welkom was vir ’n geruime tyd gesluit terwyl die ongelukstoneel ondersoek en opgeruim is. Die pad is intussen weer vir verkeer oopgestel.










Comments