top of page

Drie mense is dood toe hul helikopter op 'n plaas neerstort

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Oct 27
  • 1 min read

’n Bekende wildveearts, sy assistent en ’n jong vlieënier is dood toe die helikopter neergestort het waarin hulle glo van Daniëlskuil in die Noord-Kaap na Olifantshoek onderweg was.


Netwerk24 berig Alwyn Venter en sy assistent, Angelo Robbertse, en die vlieënier, Anlo Ferreira, was Sondag van Elandsvlakte na Olifantshoek onderweg toe dit neergestort het.


Die woordvoerder van die Burgerlugvaartowerheid (BLO), Sisa Majola, sê die helikopter is erg beskadig met die impak van die trefslag. Die brand wat daarná ontstaan het, het die res van die wrak vernietig.


Majola sê ondersoekbeamptes is na die toneel gestuur en ’n voorlopige verslag sal binnekort gepubliseer word.


FOTO: Netwerk24
FOTO: Netwerk24

 
 
 

Comments


bottom of page