Drie munisipaliteite se ligte bly aan danksy 'n Eskom-ooreenkoms
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 1 hour ago
- 1 min read
Drie Vrystaatse munisipaliteite het ingestem om ’n verspreidings-agentskaps-ooreenkoms (DAA) met Eskom aan te gaan. Dit beteken dat hulle nie kragonderbrekings weens die wanbetaling van grootmaat-elektrisiteits-verskaffings-rekeninge sal ervaar nie.
Netwerk24 berig die Nala-, Masilonyana- en Ngwathe-munisipaliteite het sulke ooreenkomste met Eskom aangegaan.
Eskom se woordvoerder in die Vrystaat, Stefanie Jansen van Rensburg, sê as ’n oorgangsmaatreël en terwyl die proses om die DAA's te finaliseer aan die gang is, bly dit die munisipaliteite se verantwoordelikheid om hul rekeninge te betaal.
Sy sê die Nketoana-munisipaliteit het egter geen poging aangewend om so ’n ooreenkoms aan te gaan nie. Dit beteken geskeduleerde kragonderbrekings twee keer per dag staar gevolglik vanaf 8 Mei die inwoners van Lindley, Petrus Steyn en Reitz in die gesig.








Comments