Drie neefs verskyn in die hof oor veediefstal

Jul 16
1 min read
Drie neefs het vroeër vandeesweek in die hof verskyn op aanklagte van veediefstal.
Polisiewoordvoerder, kolonel Adéle Myburgh, sê die drie is verlede Vrydag in hegtenis geneem nadat hulle glo probeer het om twee beeste by 'n veiling te verkoop.
Twee van die verdagtes is op borgtog van R1 000 elk vrygelaat, terwyl die derde in aanhouding bly omdat hy ook teregstaan op 'n afsonderlike veediefstalaanklag.
Die drie het in die Vryburg-landdroshof in Noordwes verskyn en word Maandag weer in die hof verwag.









Comments