top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Drie ongelukke in Bfn ruk verkeer tot 'n stilstand

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 23
  • 1 min read

Drie ongelukke het Donderdagoggend kort ná mekaar in Parfittrylaan en by die Benaderylaan-brug plaasgevind en ‘n groot oponthoud in Bloemfontein se besige oggendverkeer veroorsaak.


Nova News berig geen ernstige beserings is aangemeld nie.


VR Med se Pieter du Preez sê drie voertuie is by 'n ongeluk in Parfittrylaan by 'n verkeerslig betrokke, met 'n bakkie wat op sy sy te lande gekom het. Een pasiënt is na die Nasionaal-hospitaal geneem vir behandeling.


In die tweede ongeluk het 'n Ford-sedan met ‘n motorfiets by Benaderylaanbrug-kruising met Stalsweg in Wilgehof gebots. Die motorfietsryer is deur VR Med per ambulans na die Life Rosepark-hospitaal geneem.


Kort daarna was daar nog ‘n ongeluk naby dié brug.


Talle verkeersligte was ook buite werking, wat veroorsaak het dat heelwat leerders in die stad laat was vir skool.


Die ongeluk in Benaderylaan. FOTO: Nova News
Die ongeluk in Benaderylaan. FOTO: Nova News

 
 
 

Comments


bottom of page