Drie sit lank nadat hulle slagoffers in die Vaalrivier gooi
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 28
- 1 min read
Die Bothaville-streekhof in die Vrystaat het drie mans gevonnis nadat hulle skuldig gepleit het op aanklagte wat verband hou met die ontvoering en poging tot moord op twee mans in Augustus verlede jaar.
Die slagoffers is aangerand, vasgebind en in die Vaalrivier naby Leeudoringstad gegooi, maar het daarin geslaag om te oorleef deur aan ‘n boom vas te klou totdat hulp opgedaag het.
‘n Polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, sê drie van die verdagtes het skuldig gepleit op hul onderskeie aanklagte, terwyl die vierde beskuldigde die aanklagte teen hom ontken het en met die hofverhoor sal voortgaan.
LUISTER HIER:
Sersant Palesa Thabana








Comments