Dringende inspeksies is vir passasiersvliegtuie gelas
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 day ago
- 1 min read
Dringende inspeksies is vir 'n aantal Airbus A380-passasiersvliegtuie gelas nadat krake in dele van die vlerkstruktuur ontdek is.
SABC News berig die Europese Unie se Lugvaartveiligheidsagentskap het opdrag gegee dat 16 vliegtuie ondersoek moet word.
Vyf van die vliegtuie moet voor hul volgende vlug geïnspekteer word, terwyl die res binne die volgende 25 vlugsiklusse nagegaan moet word.
Airbus sê die maatskappy ondersteun die inspeksies en sal saam met die lugvaartowerheid besluit of herstelwerk nodig is voordat die vliegtuie weer normaal in diens gestel word.
Die meeste van die betrokke vliegtuie word deur Emirates bedryf.








Comments