DRK eerste minister roep vir wêreldwye optrede
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 25, 2025
- 1 min read
Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) se eerste minister Judith Suminwa Tuluka beweer dat ongeveer 7 000 mense sedert Januarie in gevegte dood is. TimesLIVE berig dat Tuluka gister aan die VN se Menseregteraad in Genève gesê het dat sowat 4,5 miljoen mense dakloos is nadat 90 vlugtelingkampe vernietig is. Die M23-rebelle se opmars is die ergste eskalasie in meer as ’n dekade. Rwanda ontken bewerings dat dit die groep met wapens en troepe steun. Tuluka het gevra vir wêreldwye optrede en afskrikwekkende sanksies te midde van massaverdrywings en teregstellings.







Comments