top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Druk by die pompe gaan nog 'n ruk duur

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 22
  • 1 min read

Suid-Afrikaners moet hulle gereed maak vir nog 'n paar maande se druk by die brandstofpompe.


Ekonoom Dawie Roodt sê hoewel globale oliepryse onlangs gedaal het, word beduidende verligting in brandstofpryse nie op kort termyn verwag nie.


Volgens Roodt sal baie lande na verwagting hul strategiese oliereserwes herbou ná die onlangse spanning in die Midde-Ooste. Dit kan die vraag na olie hoog hou en verdere druk op pryse plaas.


Hy meen die langtermynvooruitsigte vir oliepryse lyk gunstiger, maar motoriste behoort nie binnekort groot verlaginge in brandstofpryse te verwag nie.


Ter illustrasie. FOTO: Landbou
Ter illustrasie. FOTO: Landbou

 
 
 

Comments


bottom of page