Druk neem toe oor die vertraagde seksoortrederregister
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 25
- 1 min read
BOSA kritiseer die regering oor die stadige tempo om die Nasionale Seksoortrederregister openbaar te maak.
Die party sê die publikasie van die register is noodsaaklik, veral te midde van die hoë vlakke van geslagsgebaseerde geweld in die land.
Hulle glo dat groter toegang tot dié inligting kan help om gemeenskappe beter te beskerm.
Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mamuloko Kubayi, sê die proses om die register bekend te maak is nog nie voltooi nie.
BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê dit is reeds meer as ’n jaar sedert die minister belowe het om die register openbaar te maak.








Comments