Druk neem toe oor indiensnemingskwotas
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 13
- 1 min read
Sakeliga en die Nasionale Werkgewersorganisasie van Suid-Afrika het ’n dringende aansoek by die Konstitusionele Hof ingedien om nuwe indiensnemingskwotas te stuit.
Die twee organisasies vra verlof tot appèl teen ’n vorige hofuitspraak wat hul aansoek van die hand gewys het.
Hulle wil hê die hof moet die implementering van raskwotas op ’n dringende grondslag stop.
Die saak hou verband met wysigings aan die Wet op Gelyke Indiensneming, wat teikens vir aanstellings volgens ras en geslag stel.
Die regulasies geld vir ondernemings met meer as 50 werknemers.








Comments