top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Druk om slenkdalkoors-entstof te registreer neem toe

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 18, 2025
  • 1 min read

Na slenkdalkoors die naweek in die Kakamas-Augrabiese gebiede bevestig is, het druk op die registrateur van misstowwe, veevoedsel sowel as landbou- en veemiddels toegeneem.


Dit om die registrasie van ‘n nuwe entstof teen dié siekte dringend goed te keur.


Volgens Landbouweekblad sloer die aansoek al jare.


Die uitbraak is nog ‘n groot terugslag vir die veebedryf aangsien bek-en-klouseer met rasse skrede toeneem en handel reeds baie ontwrig.


Daar word verneem dat die entstof vir slenkdalkoors tans uitverkoop is en nuwe voorraad sal glo eers volgende jaar beskikbaar wees.


Die skakelafdeling van die minister van landbou, John Steenhuisen, het nog nie geantwoord of die entstof dringend geregistreer gaan word nie.


Ter illustrasie. FOTO: Landbouweekblad
Ter illustrasie. FOTO: Landbouweekblad

 
 
 

Comments


bottom of page