Drukmedia staan sy man
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 26, 2025
- 1 min read
In ’n era waar talle Afrikaanse koerante hul deure gesluit het, het Novus Media aangekondig dat ’n nuwe weeklikse Afrikaanse koerant, Die Papier, op 6 Maart 2026 bekendgestel sal word.
Hierdie inisiatief volg op die skielike sluiting van toonaangewende Afrikaanse titels verlede jaar.
Die aankondiging bring nuwe hoop vir Afrikaanse joernalistiek en spreek ’n duidelike leemte in die drukmedia aan.
Die weekblad sal bestuur word deur die ervare joernalis en voormalige Beeld-redakteur, Barnard Beukman.
Sy loopbaan sluit hoëprofielposte by Oosterlig, Die Burger en Rapport in.
Hy is ook verlede jaar deur die FAK vir sy bydrae tot Afrikaanse joernalistiek vereer.
Volgens Beukman is Die Papier se identiteit op gehalte bo blote verslaggewing gegrond.







Comments