top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

DSTV se verlies van R4.1 miljard aan stroomdienste dompel kommer

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 14, 2024
1 min read

’n Donker wolk van bekommernis hang oor DStv.  MultiChoice se jaarverslag toon 'n skokkende verlies van R4.1 miljard. As gevolg van 'n 9%-afname in aktiewe intekenare verkeer hulle nou in ‘n toestand van tegniese insolvensie. In Suid-Afrika gedurende die afgelope jaar het die aantal aktiewe DStv-intekenare van 8 miljoen na 7.6 miljoen geval. Verkoops direkteur by “Reach Africa”, Leslie Adams erken aan Eye Whitness News dat, alhoewel stroomdienste die inkomste van satelliet-TV beïnvloed, daar steeds genoeg geleentheid vir mededinging is. Hy beklemtoon 'n belangrike voordeel van stroomdienste is dat gebruikers kan inhoud maklik kies wat by hul belangstellings pas. Gebruikers het ook die vryheid om dienste te kanselleer en weer in te teken soos hulle wil.

 
 
 

Comments


bottom of page