Duidsende Vrystaat-beamptes voldoen nie aan bevoegdheidsvereistes
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 58 minutes ago
- 1 min read
Kommer neem toe oor die vuurwapenopleiding van polisielede in die Vrystaat nadat dit aan die lig gekom het dat duisende beamptes glo nie aan die vereiste bevoegdheidsvereistes voldoen nie.
Volgens ‘n mediaverklaring van die DA het die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer, Jabu Mbalula, aangedui dat verskeie uitdagings opleiding bemoeilik.
Dit sluit glo ’n tekort aan ammunisie, beperkte skietbaanfasiliteite en ’n gebrek aan toegang tot ander opleidingsgeriewe in.
Nog 'n bron van kommer is dat drie vuurwapens in die afgelope drie jaar verlore geraak het en 34 gesteel is.
Die party voeg by terwyl lede van die publiek vervolg word vir die nie-nakoming van die voorwaardes om 'n vuurwapen te besit, blyk die polisie bo die wet te wees.








Comments