top of page

Duisende Bloemfonteiners is reeds dae sonder water

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 11, 2024
  • 1 min read

Menigde inwoners van die Manguang Metro Munisipaliteit, wat al dae sonder water is, het hul ontevredenheid oor die watervoorsiening op sosial media uitgespreek. Die onderbreking is aan kragonderbrekings by die Maselspoort-wateraanleg te danke, en het veroorsaak dat alle watervoorsiening aan die metro gestaak is tot die krag herstel is. Volgens die Vrystaatse DA voorsien Maselspoort amper 30% van die munisipaliteit se water, en hierdie onderbreking vererger ’n reeds verswaktswak stelsel. Daar is tans geen aanduiding van wanneer die krag en watertoevoer weer herstel sal word nie. Volgens boodskappe op sosiale media sal daar watertenkwaens beskikbaar gestel word.

 
 
 

Comments


bottom of page