Duisende buitelanders is vir deportasie verwerk
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 14
- 1 min read
Meer as 53 400 buitelandse burgers is reeds vir deportasie of repatriasie verwerk.
eNCA berig Malawiërs maak meer as 80% van dié totaal uit, gevolg deur Zimbabwiërs en Mosambiekers.
Voglens die Interministeriële Komitee verskerp die regering sy pogings om beheer oor immigrasie en grensbestuur te versterk.
Intussen waarsku die minister van polisie dat waaksaamheidsgroepe en eie reg die polisie se werk bemoeilik, en doen 'n beroep op gemeenskappe om nie die reg in eie hande te neem nie.








Comments