top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Duisende gestrande seevaarders is 'nie opgeleide vegters nie'

Writer: Saamgestel deur Jana Roos
Saamgestel deur Jana Roos
Jul 25
1 min read

Die 6 000 seevaarders wat steeds in die Straat van Hormuz vasgekeer is, is onskuldige mense wat nie opgelei is vir gevegte nie. Die Verenigde Nasies (VN) sê op sy webtuiste die ongeveer 500 skepe is ook nie toegerus om hulself teen missiele en hommeltuie te verdedig nie.


Die Internasionale Maritieme Organisasie (IMO) se sekretaris-generaal, Arsenio Dominguez, beklemtoon dat seevaarders 'n noodsaaklike rol in wêreldhandel speel. Sonder hulle sal skeepsvaart nie kan funksioneer nie. Hy voeg by 90 persent van alle goedere wat per skip vervoer word, sal nie hul bestemmings bereik nie, en die hele wêreld sal die gevolge daarvan voel.


Die IMO sê sy eerste prioriteit is om die veilige ontruiming van alle seevaarders te verseker, en dan moet die gebied skoongemaak word van myne en ander gevare sodat skeepsverkeer geleidelik kan hervat.


Die Straat van Hormuz. FOTO: Al Jazeera
Die Straat van Hormuz. FOTO: Al Jazeera


 
 
 

Comments


bottom of page