top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Duisende is die afgelope jaar vas vir misdade teen kinders

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 8
1 min read

Die polisie het meer as 15 000 verdagtes in hegtenis geneem, terwyl meer as 2 700 die afgelope jaar in Suid-Afrika skuldig bevind is aan misdade teen kinders.


Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens vorm dit deel van hul pogings om hul stryd teen diegene wat misdade teen kinders pleeg, te verskerp. Die polisie het bewustheidsveldtogte en voorkomingsinisiatiewe versterk om Kinderbeskermingsmaand te herdenk.


Polisiebestuur dring daarop aan dat leerders ingeligte keuses maak, hulself teen mishandeling uitspreek en kriminele gedrag aanmeld.


’n Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Amanda van Wyk, sê hulle bly daartoe verbind om kinders te beskerm en te verseker dat oortreders voor die gereg gebring word.


LUISTER HIER:


Luitenant-kolonel Amanda van Wyk

Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page