Duisende mans word by 'n Angus Buchan- saamtrek verwag
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Oct 31
- 1 min read
Ongeveer 30 000 mans sal na verwagting op die Kaapse Vlakte saamtrek om te luister na onder andere die evangelis Angus Buchan by ’n Mighty Men-saamtrek.
Netwerk24 berig Buchan, wat onlangs twee beroertes gehad het, sal na verwagting Saterdag vir die eerste keer sedert 2018 in Kaapstad ’n preek lewer op die eerste Mighty Men-saamtrek op die Vlakte.
Die geleentheid is daarop gemik om hoop, genesing en herstel te bring in ’n gemeenskap wat “gebuk gaan onder geweld, vaderloosheid en daaglikse trauma”.
Buchan sê in 'n verklaring die Mighty Men Kaapse Vlakte-beweging is gebore om genesing te bring vir vroue en kinders, deur mans wat opstaan en verantwoordelikheid vir hul gesinne en gemeenskappe aanvaar.
Die geleentheid vorm deel van Radio Tygerberg 104FM se Healing the City-inisiatief.






Comments