top of page

Duisende mense besoek die Vrystaatse dinosourus interpretasiesentrum

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 12, 2025
  • 1 min read

In die eerste twee weke van die amptelike opening het die Kgodumodumo Dinosourus Interpretasiesentrum byna 9000 besoekers ontvang. Volgens LUR Ketso Makume van die Vrystaatse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme is besoeke beslis deur die gratis toegang gedurende die skoolvakansie aangehelp. Hierdie topmoderne besoekerservaring is geleë in die Golden Gate Highlands Nasionale Park naby Clarens. Rosestad-nuus het vroeër berig Suid-Afrika het fossiele van die grootste dinosourusse ter wêreld. Volgens SABC-nuus sê die paleantoloog, Jonah Choiniere, die grootste een is in die Oos-Vrystaat gevind. Hy voeg by die dinosourus, Ledumahadi, het tweehonderd miljoen jaar gelede geleef.

 
 
 

Comments


bottom of page