top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Duisende mense het Geloftedag by die Voortrekkermonument herdenk

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 17, 2024
  • 1 min read

Nagenoeg 35-duisend mense het met die jaarlikse Geloftedag-herdenking by die Voortrekkermonument soos een man verklaar “Hier staan ons”. Maroela Media berig Ds. Stephan Botha, direksielid van die Voortrekkermonument en leraar van die Hervormde kerk Rustenburg-Suid, het vanjaar die diens gelei, en sê die Gelofte is ’n lewende herinnering aan ons afhanklikheid van God.  Die sanger Adam Tas het ná die erediens “Die Gelofte” gesing. Ná afloop van die diens is die Gelofte oudergewoonte in die Amfiteater van die Voortrekkermonument afgelê. Die skare het daarna buite die Voortrekkermonument bymekaar gekom om 12-uur die sonstraal op die senotaaf waar te neem.

 
 
 

Comments


bottom of page