top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Duisende mense tydens weeklikse landswye polisie-operasies in hegtenis geneem

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
6 days ago
1 min read

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het meer as 17 100 verdagtes tydens landswye misdaadbekampingsoperasies in hegtenis geneem.


Die inhegtenisnemings hou verband met ’n verskeidenheid misdrywe, waaronder dwelmverwante misdade, aanranding, moord, verkragting, poging tot moord, mensehandel en onwettige mynbedrywighede.


Volgens die SAPD was 2 688 van die inhegtenisnemings verdagtes wat gesoek is in verband met ernstige en geweldsmisdade.


’n Polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Vincent Mukhathi, sê hulle het verlede week ook 771 gevaarlike wapens en 58 gesteelde of gekaapte voertuie teruggevind.


Ter illustrasie. FOTO:  DPV Watch
Ter illustrasie. FOTO: DPV Watch

 

 
 
 

Comments


bottom of page