Duisende moet nog kaarte afhaal ná Sassa se sperdatum

Byna 70 000 Sassa-begunstigdes het nog nie hul Postbank swart kaarte afgehaal nie. Die sperdatum is 31 Augustus vir die migrasie vanaf die goue kaart.
Sassa sê begunstigdes wat nog nie hul nuwe kaarte afgehaal het nie, sal dit ná die sperdatum steeds by aangewese afhaalpunte kan doen voordat hulle toegang tot hul toelaes kan kry.
EWN berig Sassa se Thami Cele sê die ou goue kaarte is nie meer in werking nie. Cele moedig begunstigdes aan om nie te wag totdat hul toelae vir September betaal word nie.
Cele sê Sassa werk saam met die kleinhandelaars ShopRite, Pick ’n Pay, Boxer en Spar, en slegs begunstigdes se ID word benodig.
Begunstigdes hoef ook nie weer na Sassa terug te gaan om enigiets te registreer nadat hulle die kaart afgehaal het nie, aangesien dit onmiddellik werk.








Comments