Duisende ongedokumenteerde buitelanders is in hegtenis geneem

Jul 16
1 min read
Duisende ongedokumenteerde buitelandse burgers is die afgelope twee weke landwyd in hegtenis geneem.
Volgens die Suid-Afrikaanse Polisiediens is sommige van die verdagtes ook aangekla van moord, verkragting en die onwettige besit van vuurwapens.
In die Vrystaat is nege ongedokumenteerde werkers by 'n beskuitjiefabriek in Reitz aangekeer.
Volgens polisiewoordvoerder, luitenant-kolonel Amanda van Wyk, weerspieël hierdie syfers die regering se verbintenis om onwettige immigrasie en verwante oortredings landwyd beslissend te hanteer.









Comments